INTERPELLASIES

SANP: vergadering by kantore

*1.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Omgewing- en Kultuursake:

Of hy op 16 en 17 November 1999 'n vergadering by die kantore van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANP) in Knysna tydens die Provinsiale Kabinet se besoek aan die Suid-Kaap bygewoon het; so ja, (a) in watter hoedanigheid en wat bespreek is en (b) of enige werknemers van die Provinsiale Administrasie van die Wes-Kaap teenwoordig was?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek sal in meer besonderhede op die vraag reageer as wat ek normaalweg sou doen, want ek sien dat daar 'n sprekerslys oor die vraag is.

Ek het wel 'n vergadering by die kantoor van die SANP op Knysna bygewoon.

(a)	Ek het die vergadering bygewoon in die hoedanigheid van Adjunkleier van die DP en Minister van Omgewing- en Kultuursake. Die doel met die vergadering was om my op hoogte te stel met die voorgestelde Thesen Eiland ontwikkeling. Dit was met ander woorde 'n feitesending. Dit is by die SANP kantoor gehou omdat dit gerieflik gele is en omdat die kantoor beskik oor verskillende lugfoto's en uitlegplanne, kaarte, en so meer. Mnr Andrew West, wat die vergadering in amptelike hoedanigheid bygewoon het, het my daarop gewys dat 'n 4x4-voertuig nodig sou wees vir 'n besoek aan Thesen Eiland.

(b)	My aanwesigheid daar in 'n dubbele hoedanigheid spruit daaruit dat ek die geleentheid te baat geneem het om myself op die hoogte te stel van die werk van my departement in die Suid-Kaap-streek en die omgewingskwessies wat op daardie streek betrekking het. Ek het mnr West derhalwe versoek om my onder andere in te lig oor die aard en tempo van die ontwikkeling, en my te adviseer oor bewarings- en ontwikkelingsprojekte en die houding van die publiek, insluitend onder andere, die Ballotsbaai projek. My toer deur die Suid-Kaap het ook besoeke aan die George- en Mosselbaai-museums ingesluit, omdat dit te make het met my Kultuur-portefeulje.

	Verskeie belanghebbendes en partye wat geraak is wat hulle as ondersteuners van die agb lid mnr Winde in sy kiesafdeling bekendgestel het, was ook by die vergadering by die SANP se kantore teenwoordig om hul mening te lug.

	Aangesien ek albei kante van die saak wou aanhoor, is ek derhalwe na die ontwikkelaar se kantoor waar ek hul verteenwoordiger, ene Chris Mulder, ontmoet het. Ek het ook gerel dat mnr Chris Mulder op 17 Desember 1999 'n amptenaar in my kantoor ontmoet om die ontwikkeling te bespreek en dokumente voor te l waarin die ontwikkelaar se saak uiteengesit word.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, waarmee ons in hierdie saak te doen het, is die misbruik van 'n openbare amp deur 'n politieke party, en dit is vir my baie interessant om te hoor dat die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake - en dit moet die eerste keer wees hierdie dat 'n Minister dit in 'n provinsiale parlement ges het - een vergadering kan bywoon as sowel die adjunkleier van sy party en terselfdertyd as 'n Minister. Daar moet 'n soort teenstrydigheid hier wees. Ek dink die agb Minister is eintlik baie oneerlik oor hierdie saak, want sy Kantoor het aan iemand wat oor hierdie vergadering gekla het, geskryf en ges dat, en ek haal aan:

It is correct that my Minister attended a meeting at Thesen Island in his capacity as the Deputy Leader of the Democratic Party, Western Cape.

Miskien het die agb Minister se Kantoor in hierdie brief vergeet van sy ander hoedanigheid, die ander helfte van hom wat die vergadering bygewoon het.

Sowel die SA Nasionale Parke as Kaapse Natuurbewaring het dit verstaan dat dit 'n amptelike regeringsvergadering sou wees hierdie, en nie 'n DP-politieke vergadering nie. Ek wil aanhaal uit 'n paar briewe wat ek het. Ten eerste s mnr Dick Parris, die Direkteur: Nasionale Operasies van SA Nasionale Parke, baie duidelik, en ek haal aan:

South African National Parks staff (ie Mr Joubert) were present at Western Cape Nature Conservation's request.

Hy was nie op versoek van die DP daar nie. Hy gaan voort en s baie duidelik, en ek haal verder aan:

SANP understood the meeting to be official, not party political, and Mr Joubert attended in his official capacity as Manager of the Knysna National Lake Area.

Daar word geen melding van die DP in hierdie brief gemaak nie. Ek haal die agb Minister se departementshoof, Dr Joycelyn Kane-Berman, oor hierdie aangeleentheid aan waar sy s:

Mr Andrew West accompanied Minister Adams to the meeting at the SANP offices with representatives of the interested and affected parties, regarding the Thesen Island Development, in his official capacity.

Hy het dit nie in enige DP-hoedanigheid gedoen nie.

Mnr die Speaker, dit is duidelik dat sowel die staatsdepartement as die mense wat die vergadering bygewoon het, mislei is om te glo dat dit 'n amptelike regeringsvergadering was, hoewel dit eintlik 'n DP-vergaderinig was. Die agb Minister het inderdaad slegs besluit dat dit 'n DP-vergadering was toe mense begin het om te vra wat hy in daardie vergadering gedoen het. Die baie ernstige punt is dat die agb Minister na hierdie vergadering, waar hy slegs een kant van die saak aangehoor het, 'n paar oomblikke in die kantoor van die ontwikkelaar deurgebring het, onaangekondig, sonder dat enige tyd vir voorbereiding aan die ontwikkelaar gebied is om sy kant van die saak te stel. Die agb Minister gaan daarheen, hoor niks van hul kant nie en dan skryf hy aan die nasionale Regering op 'n amptelike Wes-Kaapse Regeringsbriefhoof, en versoek dat die nasionale Regering hul besluit heroorweeg om hierdie ontwikkeling te laat voortgaan. Ons weet nie of daardie amptelike briefhoof namens die DP-helfte van die agb Minister of sy ander helfte gebruik is nie - en ek weet nie of dit sy beste helfte is nie - naamlik wanneer hy die Regering nie verteenwoordig nie.
Ek stel dit aan die agb Premier, die Huis en die agb Minister dat dit 'n misbruik van belastingbetalers se geld is. Dit is 'n poging om staatsamptenare in hierdie provinsie te verpolitiseer, sowel provinsiale staatsamptenare as staatsamptenare wat in diens van die nasionale Regering is. Die agb Premier moet kyk na watter stappe hy gaan doen teen Ministers wat die Regering na die Mense-veldtog misbruik.

*Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, ek wil nie by enige gevegte betrokke raak nie. [Gelag.] Die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake het baie duidelik ges dat dit 'n sending was om die feite vas te stel. Ek het na hierdie vraag gekyk, en terwyl ek dit bestudeer het, het ek besluit dat die vrae wat deur die agb Minister geantwoord word, aan sewe van die agt beginsels van Batho Pele gemeet moet word.

Die eerste beginsel is oorlegpleging. Daar moet oorleg gepleeg word met die publiek oor die vlak en gehalte van dienste wat hulle van die Provinsiale Parlement ontvang en hulle moet, waar moontlik, 'n keuse kry oor die dienste wat aangebied word.

*Mnr C M DUGMORE: Waarom het hy nie met die raad oorleg gepleeg nie?

*Mnr A J WILLIAMS: Oorlegpleging lei normaalweg tot die vasstelling van feite.

*Mnr C M DUGMORE: Dit is eensydig.

*Mnr A J WILLIAMS: En dit is presies wat die agb Minister gedoen het.

Mnr die Speaker, die tweede beginsel is diensstandaarde. Die publiek moet meegedeel word watter vlak en gehalte van openbare dienste hulle sal ontvang, sodat hulle bewus is van wat hulle van die Provinsiale Parlement kan verwag. Die agb Minister het ges dat hy daarheen gegaan het om geadviseer te word oor bewaring en ontwikkelingsprojekte en die houding van die publiek in die Suid-Kaapse omgewing. Dit is presies wat die agb Minister gedoen het.

Mnr die Speaker, die derde beginsel is toegang. Alle lede van die publiek moet gelyke toegang h tot die diens waarop hulle geregtig is.

*Mnr C M DUGMORE: Hulle het nie gelyke toegang gehad nie.

*Mnr A J WILLIAMS: Die agb Minister het in sy toespraak ges dat verskeie belanghebbende partye en partye wat daardeur geraak word, ook teenwoordig was by die vergadering by die kantore van SANP. Dit is presies wat die agb Minister gedoen het.

Mnr die Speaker, nog 'n beginsel van Batho Pele is hoflikheid. Die publiek moet altyd met hoflikheid en bedagsaamheid behandel word. Die agb Minister het in sy toespraak ges dat hy, deur ook die kantoor van die ontwikkelaar te besoek en 'n vergadering met 'n amptenaar in Kaapstad te rel, die Wes-Kaapse Regering se vasbeslotenheid vertoon het om die publiek met hoflikheid en bedagsaamheid te behandel.

Die volgende beginsel is inligting. Die publiek moet volledige en akkurate inligting kry oor die openbare diens waarop hulle geregtig is. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek wil die agb lid mnr Williams graag bedank omdat hy daardie vrae so gepas namens my beantwoord het. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wonder of die kommer van die ANC nie spruit daaruit dat sekere ANC-mense betrokke is by sekere geleenthede wat deur die ontwikkeling gebied word nie.

*Mnr P C MCKENZIE: Wel, vertel ons daarvan. Vertel ons, vertel ons asseblief. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek stem egter saam met die agb lid mnr Williams dat dit hoofsaaklik 'n hoflikheidsbesoek was. Ek weet dat die ANC partykeer drie hoede dra - die SAKP-, Cosatu- en die ANC-hoede - maar ek het met twee hoede daarheen gegaan en dit was in belang van deursigtigheid. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil graag byvoeg dat ons nou 'n appl op die tafel aan die nasionale Minister van Omgewingsake het, wat 'n baie sterk appl teen die ontwikkeling is. As die ontwikkelaar in hierdie geval gehoor gegee het aan my versoek aan hom om met die belanghebbende partye en diegene wat daardeur geraak word, oorleg te pleeg ...

'n AGB LID: [Onhoorbaar.] ... vyf minute met hom.

Die MINISTER: Ek het nie vyf minute by hom deurgebring nie; die agb lid mnr Winde was ook daar en hy kan bevestig dat ek bykans 'n halfuur by hom deurgebring het.

Mnr die Speaker, as die ontwikkelaar gekyk het na die beginsel van gesprekvoering met belanghebbendes en diegene wat daardeur geraak word, sou hierdie appl voorkom kon word. Dit sou die belastingbetaler en die ontwikkelaar 'n klomp geld bespaar het en 'n appl sou nie nodig gewees het nie.

Wat die belastingbetaler se geld betref, dink ek dat my besoek aan hierdie projek die moeite werd was en ek dink ook dat ek my plig nagekom het in ooreenstemming met my portefeulje as Minister van Omgewing- en Kultuursake.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, sowel die agb lid mnr Isaacs as die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake verstaan hoegenaamd nie die kwessie nie.

*Mnr N M ISAACS: Ek het nooit ... [Onhoorbaar.]

*Mnr M OZINSKY: Ek is jammer, Williams.

Mnr die Speaker, ten eerste, indien dit 'n feitesending was, waarom is daar net na een kant geluister? Die ander kant het geen van die geleenthede gekry wat in hierdie proses aan die beswaarmakers gebied is nie.

Ten tweede, as dit veronderstel was om gedoen te word terwyl twee hoede gedra is, waarom skryf die agb Minister se Kantoor dan en s, en ek haal aan:

	It is correct that my Minister attended a meeting in his capacity as Deputy Leader of the DP.

Waarom reik die agb lid mnr Winde 'n persverklaring namens die DP uit om te s dat hierdie vergadering deur homself en namens die DP gerel is? Die agb Minister wil nou hierheen kom en ons mislei en s dat dit iets anders is.

Mnr die Speaker, dit was 'n poging om partypolitieke punte vir goeie werk in Knysna aan te teken, en die agb Minister sleep staatsamptenare in die Provinsie by sy eie politiekery in. Die agb Premier is aan die burgers en belastingbetalers van die provinsie 'n antwoord verskuldig. Was dit die bedoeling van die agb Minister om partypolitieke belange te bevorder toe hy gegaan het om die mense in Knysna te besoek, of was dit sy bedoeling om die Regering nader aan die mense te bring? Die agb Premier kan nie sy mes na albei kante laat sny nie en hy kan nie toelaat dat sy Ministers hom in die verleentheid stel op die wyse wat die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake dit gedoen het nie.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek wil graag weet waarom die nasionale Minister van Onderwys die agb Leier van die Opposisie saam met hom na skole geneem het sonder om oorleg te pleeg met ons provinsiale Minister van Onderwys. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Ozinsky het oor oorlegpleging met albei partye gepraat ... [Tussenwerpsels.] Dit was nie 'n appl wat voor my was hierdie nie. Ek het nie nodig gehad om te eniger tyd met albei partye oorleg te pleeg nie. Dit was 'n feitesending en ek het teenoor die ontwikkelaar die hoflikheid bewys om met hom te praat.

'n AGB LID: Die hoflikheid?

Die MINISTER: Die hoflikheid. Dit is nie 'n appl wat voor my was nie. Dit was nie vir my nodig om terselfdertyd met albei partye oorleg te pleeg nie.

Mnr die Speaker, wat die dra van twee hoede betref, is ek eerlik as ek s dat ek as sowel die Minister van Omgewing- en Kultuursake en as die Adjunkleier van die DP gegaan het. Het die agb lid mnr Ozinsky van my verwag om mnr West die hele ent pad na George terug te neem en na Knysna terug te gaan vir hierdie vergadering?

Fondse vir kiesersregistrasie
 en identiteitsdokumente

*2.	Mnr P C McKenzie vra die Minister van Plaaslike Regering:	

Hoe die fondse wat begroot is vir (a) die registrasie van kiesers en (b) die bystand met die aansoeke vir identiteitsdokumente bestee word?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Mnr die Speaker, ek reageer graag op die twee vrae wat gestel is.

Afdeling (a) handel oor die registrasie van kiesers. Op hierdie stadium is 'n beperkte bedrag van R250 000 beskikbaar gestel. Voordat ek verder daarop uitbrei, wil ek graag noem dat dit onder Begrotingspos 1: Premier, toegeken is, maar ek wil nie vandag hier opstaan en s dit is die agb Premier se verantwoordelikheid nie, en dan moet ons oor twee weke weer die vraag beantwoord nie. Met die goedkeuring van die agb Premier antwoord ek graag op die vraag.

Daar is nog nie aansoek gedoen vir die bedrag van R250 000 nie. Die oomblik wanneer die behoefte by die OVK bestaan, sal ons dit aanspreek.

Die antwoord op afdeling (b) van die vraag is die volgende. Die bedrag van R3,75 miljoen is begroot vir ID-foto's; R1 miljoen vir die salarisse en verblyfkoste van 45 tydelike werknemers en 5 kordineerders; R500 000 vir administratiewe uitgawes, wat insluit advertensies, gemeenskapskoerante en pamflette; en die R250 000 wat ek reeds genoem het, wat vir registrasie geoormerk is. Dit is die bedrae soos uiteengesit.

Mnr die Speaker, ek wil die antwoord graag verder toelig. Die tydelike werknemers van die nasionale Departement van Binnelandse Sake verdien R15 per uur, en die kordineerders R30 per uur. 'n Stel van vier foto's kos R12, en R5 word betaal vir die aansoek om 'n ID-boek. Dit maak die bedrag van R5,5 miljoen uit.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, in sy Openingsrede 'n paar dae gelede het die agb Premier ges dat kieserregistrasie die belangrikste saak sou wees waarby hierdie Regering betrokke sou wees. Gister het die agb Premier ges dat alles wat hulle ten opsigte van kieserregistrasie gedoen het, heeltemal wettig was. Dit is baie snaaks dat die regsmening wat deur die Provinsiale Regering aangevra is, baie duidelik ges het dat hulle nie die reg het om te doen wat hulle wil doen nie.

Mnr N M ISAACS: [Onhoorbaar.]

Mnr P C MCKENZIE: Dit was die regsmening.

Mnr die Speaker, in my samesprekings met die Kantoor van die Ouditeur-generaal oor hierdie saak, het die Ouditeur-generaal baie duidelik ges dat hulle nie die reg het om provinsiale fondse vir kieserregistrasie te gebruik nie. Dit is duidelik uit die aanbevelings van die Tenderraad - wat ons voor ons het - dat die Tenderraad die Provinsiale Regering se kieserregistrasie inisiatief verwerp het.

Kragtens die Grondwet is dit die funksie van die OVK om kiesers te registreer. Dit is vir ons duidelik dat die agb Premier besig is om in te meng met die werksaamhede van die OVK en met die registrasie van kiesers in die provinsie. Die OVK kan hulp aanvra, maar as hulle dit doen, sal hulle dit skriftelik doen. Die Provinsiale Regering het nie 'n brief van die OVK ontvang waarin hulle sulke bystand aanvra nie. Die Regering doen dus nie net willens en wetens iets wat verkeerd is nie, maar hul oogmerke met hierdie inisiatief is ook bekend.

Mnr die Speaker, ons is nie teen die registrasie van kiesers wat arm is, gekant nie, maar ons s dat indien die Provinsiale Regering daardie geld het, hulle dit aan die OVK moet gee om die registrasie te behartig. Daardie agb lede se eie partye het met die OVK saamgewerk en ges dat die verkiesings altyd vry en regverdig was. Hulle het dokumente te dien effekte onderteken.

Mnr die Speaker, die agb Minister van Plaaslike Regering is reg wanneer hy s dat dit nie op sy tafel is nie; dit is op die tafel van die agb Premier en die agb Premier het ges dat hy die verantwoordelikheid daarvoor sal aanvaar. Meneer, laat my toe om aan te toon dat daar politieke inmenging met hierdie proses is. 'n Komitee is deur amptenare in die Administrasie in die lewe geroep, maar daardie komitee staan onder voorsitterskap van die agb Minister van Plaaslike Regering! Dit is dus duidelik dat hulle wil weet wat aan die gang is en hoe mense wil stem.
Hierdie uitgawes word deur die Kantoor van die agb Premier gefinansier en dit word deur die Kantoor van die Direkteur-generaal bestuur. Mnr die Speaker, vier foto's sal geneem word, waarvan twee na die Kantoor van die Direkteur-generaal sal gaan. Ons vra wat hulle daarmee gaan doen! Hulle s dat dit daar is vir ouditdoeleindes. Ek wil graag vra wie die reg van toegang tot daardie foto's het om te sien wie aansoek gedoen het om registrasie. [Tussenwerpsels.]

Die agb Minister s dat hulle die behoeftiges wil help. As dit so is, moet hulle aan ons 'n omskrywing van 'n behoeftige persoon gee en van wat sy of haar inkomste, indien enige, is. Die kieserregistrasieproses is blootgestel aan korrupsie omdat daar geen meganismes daargestel is om die proses hier deur hierdie Regering te beheer nie.

Mnr die Speaker, dit is vir ons duidelik dat kieserregistrasie wat deur hierdie Regering gedoen word, 'n ander manier is om te probeer om die belastingbetalers se geld te gebruik om verkiesingsveldtogte vir die Nuwe NP en die DP te bedryf en die kiesers sal daardeur sien, soos hulle tydens die verkiesings in Junie 1999 gemaak het.

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek wil ten eerste graag s dat ons aan hierdie kant van die Huis die agb Premier se stelling dat die belangrikste saak vir demokrasie in die Wes-Kaap is om soveel moontlik kiesers voor die komende verkiesings te registreer, ten volle ondersteun.

Mnr die Speaker, gister het die agb Leier van die Opposisie in die Huis verwys na die feit dat hierdie item holrug gery is tydens debatte in die Huis. Ons het drie, vier of selfs vyf debatte oor hierdie item gehad, maar dit is duidelik dat die agb lid mnr McKenzie nie na sy eie leier geluister het toe dit by die plaas van interpellasies op die Vraelys gekom het nie.

Dit is weer eens duidelik uit die toonaard van hierdie interpellasie dat dit nie eintlik oor die antwoord van die agb Minister van Plaaslike Regering gaan nie, maar oor die toewysing van R3 miljoen vir die hele registrasieveldtog. Dit is weer eens ook duidelik dat die ANC en die lede aan daardie kant van die Huis daarop ingestel is om die demokratiese proses in die Wes-Kaap te ontwrig, want hulle is eenvoudig bang dat kiesers geregistreer kan word wat daardie party nie sal ondersteun nie. Ek het dit voorheen in die Huis ges en ek sal dit weer s.

Mnr die Speaker, ek wil ook graag byvoeg dat wat vir ons heeltemal buitengewoon is, is dat die ANC-lede in die kiesafdeling wat deur die agb lid mnr Fransman verteenwoordig word hul ingenomenheid teenoor die DP-werkers betuig omdat die ANC-regering in die Wes-Kaap - want hulle glo steeds dat daar 'n ANC-regering in die Wes-Kaap is - gratis identiteitsfoto's verskaf en gratis geld aan die verkiesingsveldtog gee. Dit lyk asof die lede van die ANC heeltemal verward is.

Ek wil graag vra of die ANC bereid is om met die registrasieveldtog saam te gaan en of hulle hul eie lede of ondersteuners sal laat registreer. Of sal hulle, vanwe die wantrouigheid aan daardie kant van die Huis, hul eie lede vra om nie te registreer nie?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Mnr die Speaker, daar word verwys na die Tenderraad se afkeuring. Ek sal dit graag wil sien, want die Tenderraad het dit nie afgekeur nie. Die agb lid mnr McKenzie het ook beweer dat ons dan nou die werk van die OVK sou oorgeneem het. Ek het uitdruklik ges dat daar op hierdie stadium geen geld spandeer is nie. Die OVK sal 'n versoek rig en die OVK sal dit persoonlik onderneem. Hoeveel keer moet ons nog in hierdie Huis s dat Binnelandse Sake en die OVK onafhanklik optree? Hulle word net finansieel ondersteun. Hulle administreer die geld self en kyk self daarna.

Daar is geen politieke inmenging nie. Elke politieke party weet presies waar die program is en wanneer dit is. Ons het ges hulle kan dit monitor en gaan kyk wat daar gebeur. Dit word met groot vrug gebruik. Agb lede moet liewer uitspring en gaan kyk of hulle identiteitsdokumente aan soveel mense moontlik kan voorsien as wat elkeen nou terugsit en kla oor ander wat na vore kom. In die afgelope twee weke het meer as 5 000 mense om identiteitsdokumente aansoek gedoen. Hulle het nog nie eers op hierdie stadium in die nie-Metropool spoed gekry nie. Dit is bewys dat daar 'n groot behoefte daar buite is en dat daarna gekyk moet word.

Die agb lid mnr McKenzie kan gerus met die ander Ministers in die ander provinsies praat. Hy sal dadelik hoor dat elkeen van hulle deur hul departemente aktief by hierdie proses betrokke is. As hy gaan kyk na die gesamentlike verklaring van die OVK en Salga, sal hy ook sien dat Salga aktief by hierdie proses betrokke geraak het. Dit lyk vir my as daar iets in die Wes-Kaap gebeur wat hom nie pas nie, is daar baie vinnig 'n probleem daarmee.

Mnr die Speaker, die foto's wat geneem word, word weg gesluit. Een vorm word gehou. Ons het reeds ges dat geen politieke party toegang daartoe het nie. Al het hulle toegang daartoe gehad, wat kan hulle daarmee maak? Die beste benadering sal dalk wees om op die ou end te s dat enige persoon eenvoudig om 'n ID aansoek doen, soos dit in die Kaapse Metropolitaanse Raad gebeur het.

Die vraag is waarom ek voorsitter van hierdie groep is. Die ondervinding wat ek by die KMR opgedoen het, waar ons juis hierdie proses help bestuur het, kan tot groot waarde en nut hier aangewend word.

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek wil graag op een of twee punte reageer. Die agb Minister van Plaaslike Regering is totaal verkeerd. Die OVK gaan nie sy geld administreer nie. Twee van daardie foto's kom hierheen, sodat hulle deur hierdie Administrasie geadministreer kan word.

*As die agb Minister en die DP so in verkiesings belangstel, waarom was die DP en die Nuwe NP nie daar verteenwoordig toe die Aartsbiskop vanoggend die intergodsdienstige kommissie byeengeroep het om oor die verkiesings te praat nie? Hulle het nie eens 'n verskoning deurgestuur nie. [Tussenwerpsels.] Kom ek gaan verder.

Die agb Minister praat oor sy ondervinding by die KMR. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, tot vandag toe soek die KMR al die plekke waar daar foto's geneem is, want die besonderhede is nog nie verskaf nie. Dit is die tipe ondervinding wat die agb Minister daar gehad het.

*Mnr die Speaker, die agb Minister s dat dit niks met politiek te doen het nie, maar ek het hier 'n persverklaring wat deur die agb Premier uitgereik is op die dag toe hy by wyse van 'n politieke stelling van die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding ontslae wou raak. In dieselfde verklaring het hy ges dat die Wes-Kaapse Regering by die registrasie van kiesers betrokke sou wees.

Die agb Minister doen dit polities. Hy moet ophou om iets te probeer verdedig wat hy goed weet hy nie kan verdedig nie. Hy is verkeerd en hy moet toegee dat hy verkeerd is.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Mnr die Speaker, hulle s 'n benoude kat maak benoude spronge, en dit is wat ons nou hier sien - 'n lid wat so hewig raak oor iets wat werklik waar geen probleem inhou nie.

Oor die betrokkenheid by die KMR kan ek vir die agb lid s die saak is lankal afgehandel. Daar is geen administratiewe probleme. Die Huis se privilegie word misbruik deur wilde bewerings wat hier gemaak is. Dit is baie interessant dat hierdie agb lid nie weer gereageer het op die regsmening en die Tenderraad waaroor ons daar gepraat het nie.

Hy het ook verwys na 'n vergadering vanoggend. Ek kan nie verstaan wat dit met die saak te doen het nie. [Tussenwerpsels.] Dit is 'n hele ander punt wat hy hier voer. Die belangrike punt hier is dat die OVK dit self gaan bedryf. Nog nie een keer het een van die beamptes aan een van die vorms geraak wat die OVK moes hanteer het nie. As hy die bewyse kan bring, moet hy dit bring. Hy moet dit mre vir ons bring. Die ding loop nou al twee, drie weke. Hy moet die bewyse vir ons bring sodat ons dit kan sien. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, toe die agb Premier 'n verklaring uitgereik het, het hy dit gedoen as Premier van hierdie provinsie, waar hy omsien na die belange van die mense sodat hulle ten minste ID-boeke kan kry en kan registreer. [Tussenwerpsels.] Hy doen dit nie self nie, maar deur middel van die onafhanklike staatsorgane wat beskikbaar is. Die agb lid moet maar sy kleinlike politiekery by die huis laat.

Bedrog met skoolrapporte

*3.	Mnr D Silke vra die Minister van Onderwys:

Wat die omvang van die gebruik van skoolrapporte vir die doeleindes van bedrog in die provinsie is en watter planne in plek is om di bedrog uit te roei?

Die SPEAKER: Orde! Die interpellant van hierdie interpellasie het gevra dat dit teruggetrek word. Dit kan weer later ingedien word. Ons gaan dus nou direk oor na vrae vir mondelinge beantwoording.

Interpellasie 3 teruggetrek.

Debat afgesluit.

VRAE

Vir mondelinge beantwoording:

Institusionele raamwerk: ontwikkelingsagentskappe

*1.	Mnr G R Strachan vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

Of hy betrokke is by 'n proses om die institusionele raamwerk vir ontwikkelingsagentskappe in die provinsie te verander; so ja, (a) wat die proses is wat in di verband goedgekeur is en (b) watter voorstelle gefinaliseer is?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME:

1. Ja.

(a) Ons benadering is om 'n ekonomiese strategie te ontwikkel vir die provinsie en om daarna die mees geskikte institusionele raamwerk te oorweeg om die strategie te implementeer. Ons proses om die strategie te ontwikkel het die volgende behels:

(i)	Navorsing is gelas oor die impak van globalisering op ons provinsiale ekonomie en die voorgestelde strategie om dit te hanteer. Die verslag was voorberei in samewerking met 'n span tegniese deskundiges.

(ii)	Ons is geadviseer deur 'n Ekonomiese Advieskomitee bestaande uit mnr Patrick Parring, adv Christo Wiese en dr Mamphele Ramphela.

(iii)	Die verslag is binne die departement verwerk en daar word tans aan 'n konsep-Groenskrif gewerk.

(iv)	Ek het aan die hoof gestaan van 'n span besluitnemers van die Wes-Kaap wat Ierland besoek het om hulle ekonomiese beplanning en besluitneming te ondersoek.

(v)	Ons het gekonsulteer met verskeie rolspelers, waaronder Wesgro en die Provinsiale Ontwikkelingsraad.

(b) Geen voorstelle is nog gefinaliseer nie.

Brand: OR Tambo-nedersetting, Wellington

*2.	Me L Phike vra die Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste:

In die lig van die brand wat die OR Tambo informele nedersetting in Wellington in puin gel het, of hy die lys van name en besonderhede van die slagoffers wat vir noodlenigingshulp aansoek gedoen het, ontvang het; so nie, waarom nie; so ja, (a) of hy bystand beskikbaar gestel het, (b) hoe vinnig dit beskikbaar gestel is en (c) in watter vorm dit beskikbaar gestel is?

Die WAARNEMENDE MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE:

2. Op 20 November 1999 het 120 tydelike strukture by die OR Tambo informele nedersetting te Wellington afgebrand. Dit is onder die departement se aandag gebring op 21 November en daar is dadelik toestemming gegee dat daar voortgegaan mag word met die nodige noodleniging in daardie gebied. Voedsel, komberse, matrasse en tydelike huisvesting is onmiddellik aan die rampgeteisterde mense beskikbaar gestel.

(a) tot (c)	Ja. Daar is ook geld beskikbaar gestel en 'n tjek is oorbetaal aan die Munisipaliteit van Wellington wat dit administreer, ten bedrae van R5 696,07 om daardie onmiddellike uitgawes van noodleniging te dek. Die persone daar kwalifiseer ook vir 'n R500-toekenning per gesin. Al die getekende vorms is nog nie terugontvang nie. Die Munisipaliteit van Wellington administreer dit en die oomblik as dit terugontvang is, sal uitbetaling daarvan geskied.

Brande in die Wes-Kaap

*3.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning:

	In die lig van sy stelling in die media dat sommige van die brande in die Wes-Kaap deur brandstigting en ander deur kriminele nalatigheid veroorsaak is, (a) of hy enige klagtes in di verband gel het en (b) watter stappe deur die SAPD gedoen is om die klagtes te ondersoek?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING:

3.	(a)	Nee, ek het geen klagtes gel nie.

	(b)	Die SAPD het vyf sake-dossiere geopen. Di sake is soos volg:

		(i)	Brackenfell: Brandstigting word vermoed. Op hierdie stadium is die bronne onopgespoor.

		(ii)	Macassar: Brandstigting. Ondersoek duur voort.

		(iii)	Muizenberg: Poging tot Brandstigting. Bewysstuk was op toneel gevind, wat 'n kan met bloukleurige vloeistof is, en versend na die SA Polisiediens se Forensiese Laboratorium vir ontleding. Uitslag is nog onbekend op hierdie stadium. Ondersoek duur voort.

		(iv)	De Doorns: Brandstigting word ook vermoed. Ondersoek duur voort. 

		(v)	Vishoek: 'n Saak van brandstigting is gedurende Februarie gemaak. Die saak word tans nog ondersoek.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, in 'n baie neerbuigende toespraak drie weke gelede in die Huis het die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning van 'n rugraatlose wonderwerk gepraat en aan die agb lid me Brown ges, en ek haal aan:

I would personally go with her to that shop owner ... -

dit gaan oor rassisme in 'n winkel -

... to make sure that the complaint is properly lodged. If that person is guilty of a criminal offence, I shall personally go to the police station and ensure that that person is arrested for the deed.

Ek wil die agb Minister graag vra of hy in die toekoms eers sake sal ondersoek voordat hy wild na die pers storm en emosionele stellings maak.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek is nie so seker dat dit enigiets te doen het met brandstigting, die onderwerp waaroor dit gaan, nie.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning graag vra of hy teenoor die Huis 'n onderneming kan gee dat hy nie in die toekoms aantygings sal maak waarvan hy nie seker is en daardeur 'n algemene opvatting laat posvat dat brandstigters in die Wes-Kaap bedrywig is nie. Kan hy teenoor die Huis 'n onderneming gee dat hy dit nie weer sal doen nie?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek sal die agb lid mnr Dugmore soos volg gerusstel, solank hy nie 'n wilde aantyging maak oor 'n sogenaamde aantyging wat ek na bewering gemaak het nie, en wat nie eens aan my toegeskryf is nie. Wat ek ten opsigte van die saak ges het, was dat ek dit nie altyd aan natuurlike oorsake toeskryf elke keer as daar 'n rokie uit 'n bos trek nie. Dit beteken nie dat ek dit aan brandstigting toeskryf nie.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, as dit die antwoord van die agb Minister is, kan hy verduidelik waarom die koerante hom aangehaal het as dat hy ges het dat die brande deur brandstigting en kriminele nalatigheid veroorsaak is?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, met respek, moet ek werklik reageer op wat die koerante s asof hulle die fontein van alle waarheid is?

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, sou die agb Minister nie gedink het dat, indien dit die wyse is waarop die pers daaroor berig het en dit nie korrek was nie, dat dit die aangewese optrede sou wees om aan die koerant te skryf en reg te stel wat duidelik, soos hy dit sien, 'n verkeerde siening was nie? Waarom het hy nie toe aan die koerant geskryf en dit verduidelik nie?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, as dit stemwerwing is om my van hulp te wees, sou ek dit met graagte aanvaar het. Aangesien die agb lid mnr Dugmore baie tyd deurbring in die kantoor van die redakteur van daardie spesifieke koerant, wat dikwels weier om op enige wyse 'n regstelling te plaas, ...

*Mnr C M DUGMORE: Ek wens ek kon.
*Die MINISTER: ... wonder ek of hy nie by daardie goeie, vriendelike redakteur wat hy so goed ken wil voorspraak maak om my te help om regstellings geplaas te kry nie.

Nasionale, provinsiale en munisipale grond
in Kaapse metropolitaanse gebied

*4.	Mnr C M Dugmore vra die Minister van Behuising:

Of die departement alle nasionale, provinsiale en munisipale grond binne die Kaapse metropolitaanse gebied, wat vir laekoste- en maatskaplike behuising geskik is, gedentifiseer het; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter stukke grond gedentifiseer is en (b) watter proses in plek is om di grond vir behuisingsontwikkeling vry te stel?

Die MINISTER VAN BEHUISING:

4. Nie die Departement van Behuising of die Provinsiale Behuisingsraad het nasionale, provinsiale of munisipale grond geskik vir laekoste- of sosiale behuising gedentifiseer nie. Die identifikasie van sodanige grond is hoofsaaklik die verantwoordelikheid van die plaaslike owerhede, soos die Kaapse Metropolitaanse Raad, en elke metropolitaanse munisipaliteit binne hul onderskeie regsgebiede. Nogtans, op versoek van die departement, het die KMR 'n volledige oudit van alle vakante en onderbenutte grond binne die Kaapse metropolitaanse gebied wat in die algemeen vir behuising geskik is, gedoen.

Die Hoofdirektoraat: Behuising se primre verantwoordelikheid is vir grond wat in eienaarskap deur die Provinsiale Behuisingsraad gehou word. Nieteenstaande bogenoemde, het die departement 'n provinsiale behuisingsontwikkelingsraad-eiendomsbateregister. Tans word 'n moeilike proses van definiring en opgradering van genoemde register deurgaan, met spesifieke verwysing na die eiendomme in die Metropool. Hierdie taak behoort teen die middel van die jaar 2000 afgehandel te wees.

Ek en die nasionale Minister van Behuising moet ingevolge die bepalings van die Behuisingswet, Wet 107 van 1997, ooreenkom op 'n tydperk waarin provinsiale behuisingsontwikkelingsraadeiendomme aan plaaslike owerhede beskikbaar gestel moet word vir behuisingsontwikkeling.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, voortspruitend uit die antwoord van die agb Minister van Behuising, sou hy as die Minister wat vir Behuising verantwoordelik is nie bekommerd wees daaroor dat batebestuur, ten spyte van sy erkenning vandag dat sy departement nie eens grond in provinsiale besit vir behuising gedentifiseer het nie, voortgaan om sekere provinsiale bates te verkoop wat na die mening van baie mense in die gemeenskap meer toepaslik vir behuising gebruik kan word nie? Is hy nie bekommerd oor daardie ontwikkeling nie?

Die MINISTER VAN BEHUISING: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Dugmore het homself geantwoord deur na batebestuur te verwys. Ek het spesifiek die vraag geantwoord met betrekking tot eiendom wat aan die Behuisingsontwikkelingsraad behoort. Natuurlik vind daar konsultasie plaas tussen batebestuur en behuising en word grond nie net "holus-bolus" verkoop om inkomste vir die Provinsie te genereer nie.

Belangriker as alles is dat die agb lid veel eerder na Batebestuur moet gaan en na die onderskeie sonering van grond moet gaan kyk wat wel in die mark geplaas word om verkoop te word. Ek wil nie namens die agb Minister verantwoordelik vir Batebestuur praat nie, maar daar word 'n beleid geformuleer met die doelstelling om heel eerste weg te doen met industrile en nywerheidsgrond wat ten bate van die Provinsie van die hand gesit kan word.

As daardie agb lid weet van grond wat, volgens sy oorwo mening en die tegniese kennis waaroor beskik, geskik is vir behuising, staan dit hom vry om met daardie inligting na vore te kom.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, in die lig van die verslae wat die agb Minister van die metropolitaanse plaaslike rade asook die KMR ontvang het ten opsigte van die beskikbaarheid van grond in die Blaauwbergstruktuur, sal hy toegee dat beskikbare staatsgrond in die Blaauwberg-struktuur voldoende is om in 'n groot deel van die behuisingsbehoefte in hierdie provinsie te voorsien?

Die MINISTER VAN BEHUISING: Mnr die Speaker, di agb lid is 'n voorstander van 'n "megacity" of 'n "unicity" en nou op die vooraand van die instelling van 'n "unicity" kom en fragmenteer hy die idee van 'n "unicity". In die toekoms gaan daar nie gepraat word van Blaauwberg, Suid-Skiereiland, Helderberg, Oostenberg en Tygerberg nie.

Mnr C M DUGMORE: Mense wil nou grond h.

Die MINISTER: Dit is die Stad Kaapstad, 'n "unicity", wat ontwikkel gaan word. Dit is 'n bekende feit dat Kaapstad self nie meer grond het nie. Terloops, Kaapstad is die enigste munisipaliteit wat nie hul samewerking gegee het met betrekking tot die grondoudit nie.

Mnr C M DUGMORE: Watter grond is daar om te oudit?

Die MINISTER: Maar dit is reeds die punt; daar is nie grond nie. Wat van grond wat in die verlede gebruik was as buffersones? Kom ek vra daardie vraag. Waarom het hulle dit nog nie gedentifiseer nie? Waarom is hulle bang om daardie grond beskikbaar te stel?

Mnr die Speaker, die eenvoudige waarheid is dat Suid-Skiereiland, Helderberg, Oostenberg en Kaapstad net eenvoudig binne die afsienbare toekoms nie genoeg grond vir behuising tot hul beskikking gaan h nie en dat ons slegs na twee huidige substrukture, naamlik Tygerberg en Blaauwberg, moet kyk. Natuurlik sal ontwikkeling in daardie rigting moet geskied.

As die agb lid weet van grond wat hy graag vir behuising geoormerk het, ek luister graag na goeie advies en nie na dwase argumente nie.
Verbruikersbeskermingsdienste

*5.	Mnr G R Strachan vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

(1) Watter vordering met betrekking tot verbruikersbeskermingsdienste gemaak is, insluitende (a) begroting, (b) personeel, (c) 'n verbruikershof of verwante instelling en (d) verbruikersopvoeding;

(2) of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek sien die vraesteller is steeds nie hier nie. Ek sal soos volg antwoord:

5.	(1)	(a)	Die begroting vir die Subdirektoraat: Verbruikersake en Billike Handel vir die begrotingsjaar 2000-01 is as volg:

Verbruikerstribunaal 	R	559 000
Verbruikersopvoeding		632 000
Klagtehantering		972 000
Skakeling ("consumer liaison")		222 000
	R 2 385 000
						 
			Dit vergelyk met die huidige begrotingsjaar (1999-2000) waar die volgende beskikbaar was:

Verbruikerstribunaal	R	526 000
Verbruikersopvoeding		676 000
Klagtehantering		946 000
Skakeling ("consumer liaison")	 	214 000
	R 2 322 000

		(b)	Personeel

			Al die vakante poste in die Subdirektoraat: Verbruikersake en Billike Handel is gedurende die loop van hierdie jaar gevul. Die volgende poste bestaan:

Adjunkdirekteur
Assistentdirekteur
Twee (2) administratiewe beamptes
Een administratiewe klerk

		(c)	Verbruikerstribunaal

			Ons verwys daarna as 'n tribunaal en nie 'n hof nie, aangesien 'n hof nie deur middel van provinsiale wetgewing daargestel kan word nie, maar slegs deur nasionale wetgewing.

			In die Wes-Kaap is die relevante wetgewing vir die daarstelling van die tribunaal nog nie deurgevoer nie, aangesien ons ernstige bedenkinge het oor die grondwetlikheid van verskeie aspekte van soortgelyke wetgewing wat in ander provinsies deurgevoer is. Ons standpunt in di verband is onlangs ondersteun deur die feit dat die lede van die Gautengse verbruikerstribunaal 'n memorandum van voorbehoude opgestel het kort na hul aanstelling. Die meeste van di voorbehoude stem ooreen met ons voorbehoude. In wese gaan dit oor die feit dat ons voel dat daar grondwetlike leemtes in die wetgewing is wat opgeklaar behoort te word, sodat 'n situasie vermy kan word waar die wetgewing uit die staanspoor gekniehalter word deur uitgerekte gedingvoerdery in die grondwetlike hof.

			Ons het in die eerste week van Januarie vanjaar opdrag gegee aan die Staatsprokureur, wat op sy beurt weer 'n advokaat opdrag gegee het, om die grondwetlike swak punte uit die wetgewing te verwyder en 'n konsepwetsontwerp op te stel. Die eerste vorderingsverslag van die advokaat word binne die volgende twee weke verwag.

		(d)	Verbruikersopvoeding

			Verbruikersopvoeding vind op 'n deurlopende basis plaas deur middel van radiopraatjies - byvoorbeeld Radio Atlantis, Radio Helderberg, Radio 786, Radio KC (Paarl), Breriviervallei Radio, Umhlobo Wenene, en so meer - verspreiding van materiaal aan die kantore van nie-regeringsorganisasies, biblioteke, en so meer, asook die hou van aanbiedings, werkswinkels, en so meer. Die klagtehantering by die kantore van die departement word ook op so 'n manier gedoen dat opvoeding van die betrokke verbruiker (klaer) 'n integrale deel van die proses is.

			Verder is daar goeie samewerking tussen die departement en veral die nie-regeringsorganisasie Western Cape Community-based Paralegal Association (WESCCOPA). Die departement befonds trouens sommige van die kantore van di vereniging ten einde dienslewering en verspreiding van inligting relevant tot verbruikerskwessies te bevorder. 

(3) Ek sal by die geleentheid van die Wreld Verbruikersregtedag, 15 Maart 2000, vir almal se inligting, 'n kort inleidingstoespraak lewer. Dit sal 'n gepaste geleentheid wees om 'n persverklaring oor die kwessies te maak.

Veldbrande in Januarie 2000:
totale beraamde koste

*6.	Mnr D Silke vra die Minister van Omgewing- en Kultuursake:

(1) Wat die totale beraamde koste van die skade veroorsaak deur die veldbrande in die provinsie gedurende die maand van Januarie 2000;

(2) hoeveel brandslaners by die blus van die brande betrokke was;

(3) wat die totale koste van die brandbestrydingsoperasie was;

(4) hoeveel liter water gebruik is om die brande te bestry?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE:

6.	Die Provinsiale Kommissie van Ondersoek na die onlangse brande, asook die Nasionale Kommissie aangestel deur die Minister van Waterwese en Bosbou, sal die kwessies hierbo geopper deeglik ondersoek en uitvoerig verslag doen daaroor. Daar dien op gelet te word dat geeneen van die brande wat in Januarie 2000 in die Kaapse Skiereiland voorgekom het, op provinsiale grond was nie.

	(1)	Die algehele koste sal etlike maande neem om te bereken as in ag geneem word dat -

		(a)	daar talle brande in die provinsie was;

(b) die koste gedra is deur vele verskillende agentskappe oor nasionale, plaaslike en provinsiale begrotings heen; en

		(c)	indien die koste van skade ook skade aan die omgewing sou insluit, dit onmoontlik sou kon wees om dit te kwantifiseer.

	(2)	Brandbestryders het bestaan uit lede van brandweereenhede uit die nasionale, plaaslike en provinsiale sektore en vrywilligers, en die privaatsektor wat helikopters voorsien het. Dit is vir die Provinsiale Regering onmoontlik om die getal mense wat uit al die verskillende sektore by brandbestryding betrokke was, te bepaal.

	(3)	Net soos die omvang van skade sal die brandbestrydingskoste deur verskillende agentskappe bereken word, maar dit is onwaarskynlik dat dit tot 'n enkelbedrag gekonsolideer sal word. Op die beste sal ons die koste mettertyd binne die Provinsiale Regering kan kwantifiseer.

	(4)	Dit is onmoontlik om die hoeveelheid water wat gebruik is te bepaal, aangesien dit nie gemeet is nie. Omdat baie van die water wat gebruik is nie pypwater was nie en niemand rekord gehou het van die hoeveelheid water wat gebruik is nie, kan die syfer nie verstrek word nie.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, om weg te kom van die maatjie-maatjie aard van die vrae, kan die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake ons meedeel of hy met die nasionale Minister van Waterwese en Bosbou saamstem dat streng strawwe opgel moet word aan private burgers op wie se eiendom indringerplante toegelaat word om te groei?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, die antwoord is, ja, heeltemal. Ons stem heeltemal saam met wat die agb Leier van die Opposisie ges het.

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, na aanleiding van sy antwoord, s die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake dat die agb lid mnr Silke eintlik 'n dom vraag gevra het?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, nee, ek dink dit was 'n billike vraag.

*Die SPEAKER: Ons noem hierdie vrae "soetliefvrae".

*Die MINISTER: Hulle is dit, mnr die Speaker.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, om dan 'n nie-soetliefvraag te stel, as enigiemand in hierdie Huis eiendom sou h waarop indringerplantegroei groei, sou die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake 'n voorbeeld van so 'n agb lid maak? [Gelag.] Ek wil nie name noem nie, want hy sit direk oorkant my. [Gelag.] Ek is op 'n antwoord geregtig.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek gee die versekering aan die agb Leier van die Opposisie dat ek 'n man van integriteit is en dat ek dit beslis sal doen.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Baie dankie. Ons sal die naam aan u verstrek. [Gelag.]

Misdaad teen toeriste: 1999

*7.	Mnr D Silke vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning:

Of enige voorvalle van misdaad teen toeriste in die provinsie tussen Januarie en Desember 1999 aangemeld is; so ja, (a) hoeveel, (b) hoeveel tot arrestasies gelei het, (c) hoeveel onopgelos gebly het en (d) hoeveel tot suksesvolle vervolgings gelei het?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING:

7. Ja.

(a) 293.
(b) 11.
(c) 263.
(d) 4.

Rol van bou-inspekteurs in tenderproses

*8.	Me T Essop vra die Minister van Vervoer en Werke:

(1) Wat die rol van bou-inspekteurs in die tenderproses is met spesifieke verwysing na die (a) proses, (b) tydsberekening en (c) rol van beramings in die finale bepaling van tenders na die publisering van die finansile aspekte van elke tender;

(2) watter oorsigfunksies oor die inspekteurs uitgevoer word;

(3) of die wentelstelsel beide operasioneel en effektief vir kontrakte vir openbare werke is?
Mnr R J KING: Mnr die Speaker, aangesien die agb Minister van Vervoer en Werke die rampgebiede besoek het en die agb lid me Essop ook nie in die Huis is nie, versoek ons dat die vraag oorstaan.

8. Vraag staan oor.

Kommissie van Ondersoek: brande in Kaapse Skiereiland

*9.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Omgewing- en Kultuursake:

(1) Wat die opdrag van die Provinsiale Kommissie van Ondersoek rakende die brande in die Kaapse Skiereiland is;

(2) wie die lede van die Kommissie is;

(3) wat die tydskaal vir die Kommissie is om te rapporteer;

(4) onder watter wetgewing die Kommissie daargestel is?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE:

9.	Die vraag behoort verwys te word na die Kantoor van die Premier, aangesien die inisiatief uit sy Kantoor afkomstig is en die jongste inligting wat op die gestelde vrae van toepassing sal wees, dus daar beskikbaar sal wees. Departement Omgewing- en Kultuursake was nie betrokke by die totstandbrenging van hierdie kommissie nie, maar het aktief deelgeneem aan die Brandtaakgroep wat deur die Kabinet aangestel is. My departement sal egter sy volle steun en samewerking aan die kommissie verleen.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek wil graag van die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake weet waarom die agb Premier die aangeleentheid aan die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning gedelegeer het terwyl dit meer natuurlik onder sy portefeulje sou ressorteer.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, miskien moet daardie vraag aan die agb Premier gerig word.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek wil weet of die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake saamstem met die besluit van die agb Premier om die aangeleentheid aan die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning te delegeer. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek is nie bewus daarvan dat enige delegasie geskied het nie.

1999-verkiesing: plaaslike regering-personeel
behulpsaam met kiesersregistrasie

*10.	Mnr P C McKenzie vra die Minister van Plaaslike Regering:

Of enige van sy personeel vir die registrasie van kiesers tydens die afgelope algemene verkiesing gewerk het; so ja, (a) hoeveel, (b) wat hulle (i) name en (ii) posisies in die Departement is en (c) wat elkeen vir die dienste betaal is?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING:

10.	Ja.

(a) 16.

(b)	(i) en (ii) Ek l die naamlys van di persone, asook die poste wat hulle beklee, ter Tafel.

(c) Uit die 16 amptenare het 15 amptenare vir die tydperk, 5 tot 7 Maart 1999 gewerk, en in daardie tydperk het hulle 'n bedrag R1 000 elk ontvang. Een amptenaar het sonder enige vergoeding van 3 tot 5 Desember 1998 gewerk.

Plaaslike regering: hofsake

*11.	Mnr P C McKenzie vra die Minister van Plaaslike Regering:

Of enige hofsake waarby sy Departement betrokke is nog onopgelos is vir die huidige en die vorige finansile jaar; so ja, (a) watter hofsake en (b) wat die finansile uiteensetting van die sake is?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING:

11.	Nee.

(a) Nie van toepassing nie.
(b) Nie van toepassing nie.

'n AGB LID: En die sake wat u so gaan bywoon? [Gelag.]

Die MINISTER: Dit is die enigste sake wat daar was.

WKOD: herontplooiingsproses

*12.	Mnr H A Lewis vra die Minister van Onderwys:

	(1)	Watter vordering die WKOD met die herontplooiingsproses gemaak het;

	(2)	hoeveel opvoeders nog op die herontplooiingslys is;

	(3)	hoeveel kontrakopvoeders in diens van die WKOD is;

	(4)	wat die finansile implikasies van (2) en (3) vir die WKOD is?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS:

12.	(1)	Gedurende 1999 is die volgende stappe gedoen in die herontplooiingsproses in opvoedkundige inrigtings in die Wes-Kaap:

* Rasionalisasie deur middel van die uitreiking van diensstate in terme van die onderwyser:leerder-verhouding.

* Regskikking in geval van botalligheid van opvoeders, gebaseer op die inrigting se diensstaat.

* Die adverteer van vakatures vir botallige opvoeders.

* Die herontplooiing van botallige opvoeders.

		346 van hierdie opvoeders is nog nie herontplooi nie.

		Vanjaar se herontplooiingsproses het reeds 'n aanvang geneem.

* Nuwe diensstate vir 2000 is reeds in November 1999 aan inrigtings beskikbaar gestel, gebaseer op inskrywings in 1999.

* Regskikking, gebaseer op hierdie diensstate, maar met die aanpassings vir 2000 indien nodig, is op 29 Februarie 2000 afgehandel.

* Vakaturelys 1/2000, wat poste vir herontplooiingsdoeleindes bevat, is tans in inrigtings se besit.

	(2)	Ek het gedink ons het die proses in 1999 afgehandel. Ons het besluit dat ons 346 opvoeders kan akkommodeer, maar 777 moet vanjaar botallig verklaar word as gevolg van die nuwe ouderdomsperk wat ingestel is, die ouderdomsperk vir Graad 1, en daarom is 'n totaal van 1 123 tans weer op die herontplooiingslys van 24 Februarie 2000.

	(3)	Tydelike kontrakte: 1 750
		Plaasvervangers:       600

	(4)	Die finansile implikasies is groot:

		Paragraaf (2)	R112 miljoen per jaar

		Paragraaf (3)	R105 miljoen per jaar (tydelik op kontrak)
				R36 miljoen per jaar (plaasvervangers)

*Mnr Y GABRU: Mnr die Speaker, is dit nou heeltemal duidelik dat die huidige ontplooiingsrels en -regulasies van toepassing is? Is dit duidelik, spesifiek as 'n nuwe skool geopen word, dat mense wat op die herontplooiingslys is aan so 'n skool toegewys moet word?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, ons het in die verlede baie ernstige probleme in hierdie verband gehad. Die rel is dat indien daar 'n vakature van enige aard is, die vakature geadverteer word. As dit nie 'n bevorderingspos is nie, geld die rels rakende herontplooiing. Soos met alle ander aspekte van hierdie beleid, en heeltemal voorspelbaar sedert dit in 1996 ingestel is, het dit chaos in onderwys veroorsaak.

Om die waarheid te s, toe ons onlangs 'n nuwe skool geopen het - om presies te wees, drie jaar gelede - het al die opvoeders van die herontplooiingslys gekom. Almal was opvoeders wat van skole gekom het waar hulle in die verlede groot probleme veroorsaak het. Daardie skool gaan so swaar gebuk onder konflik dat nie een enkele bevorderingspos gevul kon word nie. Hierdie beleid is van begin tot einde 'n ramp. Dit is ondeurdag. Dit is in die naam van transformasie verdedig. Dit het presies die teenoorgestelde teweeggebring, heeltemal voorspelbaar. Dit het nie 'n enkele sent of 'n enkele onderwyser aan 'n agtergeblewe skool herverdeel nie; dit is 'n skande en dit sal ook uit die geskiedenis so blyk.

Seksuele oortreders

*13.	Mnr M Louis vra die Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste:

(1) Of die departement 'n program in plek het om seksuele oortreders te beoordeel om sodoende te bepaal of hulle te gevaarlik is om vrygelaat te word; so ja,

(a) waar die departement die (i) gekwalifiseerde forensiese deskundiges sal vind om di bepaling te doen en (ii) die gekwalifiseerde maatskaplike werkers sal vind om die seksuele oortreders te rehabiliteer;

(b) of die begroting hiervoor voorsiening maak;

(2) of die departement 'n lys van voorskrifte en waarborge het wat die effektiwiteit en voortdurende monitering van die rehabilitasie sal verseker; so ja, of daar enige voorwaardes verbonde aan di voorskrifte is om voorsiening te maak vir herarrestasies in geval die rehabilitasie misluk;

(3) of enige program in plek is wat die polisie in kennis stel oor die vrylating en om met hulle te werk om die veiligheid van die slagoffers te verseker; so nie, waarom nie;

(4) of die provinsiale Grondwet 'n verpligting op die Provinsie plaas om die slagoffers van misdaad te beskerm; so ja, (a) of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen en (b) of die Provinsie bereid is om die verantwoordelikheid te aanvaar wanneer dit by die vrylating van seksuele oortreders vir selfmoniteringsterapie kom;

(5) wanneer wetgewing rakende die Kommissaris vir Kinders ingedien sal word?

Die WAARNEMENDE MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE:

13.	(1)	Nee, die departement het nie so 'n program in plek nie. Na vonnisoplegging is die oortreder die verantwoordelikheid van die Departement van Korrektiewe Dienste wat die wenslikheid, al dan nie, van vrylating sal bepaal, gebaseer op eie meganismes en ook eie kriteria. Paragrawe (a) en (b) val dan weg.

(2) Daar bestaan geen waarborge vir die effektiwiteit van rehabilitasie nie. Na vrylating kan hierdie departement of enige ander, en dit is belangrik, privaat welsynsorganisasie betrokke wees by voortgesette dienslewering en ondersteuning aan die oortreder. Dit gebeur in die meeste van die gevalle in gesinsverband.

(3) Om die polisie in kennis te stel van die vrylating van enige gevangenes is 'n aangeleentheid wat tussen die Departement van Korrektiewe Dienste en die SAPD tuishoort.

(4) Artikel 81 van die Grondwet van hierdie Provinsie is daarop gemik dat daar 'n omgewing geskep word waar kinders beskerm word teen misbruik, verwaarlosing en mishandeling, en artikel 81 verwys na die beskerming van bejaardes teen mishandeling, verwaarlosing en misbruik. Di Provinsie is in hierdie stadium betrokke by twee aspekte daarvan. Die Provinsie is betrokke by 'n slagofferbemagtigingsprogram wat deel vorm van die nasionale misdaadsvoorkomingstrategie. Dit kan net genoem word dat daar op hierdie stadium 'n program vir oortreders in die Provinsie is en ook die netwerk teen geweld teen vroue en die Wes-Kaapse Kindermishandelingsforum waarby die Provinsie betrokke is.

(5) Ek gaan eerskomende Woensdag 'n voorlegging in die Kabinet maak oor die vordering met hierdie wetgewing. Intussen is die konsepwetgewing gesirkuleer aan die departemente van Gesondheid, van Onderwys en van Sport en Ontspanning. Die kommentaar sluit volgende week en ons hoop om binnekort die wetsontwerp aan die Kabinet voor te l vir publikasie vir kommentaar.

Diefstal van rekenaartoerusting

*14.	Mnr M Louis vra die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning:

	Of enige rekenaars en rekenaartoerusting van die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie gesteel is; so ja, (a) hoeveel rekenaars in die laaste twee jaar gesteel is, (b) wat die beraamde vervangingswaarde van di rekenaars is en (c) watter dissiplinre stappe tot op hede gedoen is?

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING:

14.	(a)	1998-1999	22 rekenaars
1999-2000 15 rekenaars

	(b)	1998-1999	R249 186,67
		1999-2000	R167 696,09
	R416 882,76

		Ek het 'n volledige ontleding van hoeveel rekenaars per departement gesteel is, asook 'n ontleding daarvan per departement wat ek ter Tafel sal l, maar as die agb lid so verkies, sal ek dit nou vir hom lees. Die ontleding is ook op aanvraag by die departement beskikbaar.

	(c)	Geen. Gevalle van diefstalle met 'n waarde van hor as R10 000 word na die Staatsprokureur verwys. Die Staatsprokureur was van mening dat onder die omstandighede van hierdie diefstalle, die amptenare wat hierby betrokke was, nie die Staat se dekking verbeur het nie.

Debat afgesluit.



238	DINSDAG, 7 MAART 2000



	DINSDAG, 7 MAART 2000	237



	DINSDAG, 7 MAART 2000	215


